Local newsSport

Landlopers hou dorp se naam hoog

Hulle staan vir niemand terug nie.

Drie landloop-atlete van Carletonville het vir dié sport se nasionale kampioenskap gekwalifiseer.

Die atlete is deel van die Peak Performance klub en het die afgelope tyd medaljes tydens verskeie kompetisies ingepalm.

Marli Labuschagne (12) is ‘n graad sewe leerder van Laerskool Dagbreek en het na verskeie prestasies die afgelope seisoen Noordwes kleure vir landloop verwerf.

Sy het gekwalifiseer om op 7 September aan die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskap in Vanderbijlpark te gaan meeding. Dit is die tweede jaar wat dié jong ster vir die SA’s kwalifiseer.

Rulise Labuschagne, wat maar net sewe jaar oud en in graad een in Laerskool Dagbreek is, het ook reeds ‘n blink loopbaan wat vir haar in die sport voorlê. Haar prestasies die afgelope seisoen het verseker dat sy ook Noordwes kleure verwerf en boonop het sy vir die SA’s gekwalifiseer. Rulise gaan in die o8- ouderdomsgroep meeding.

Nóg ‘n leerder van Laerskool Dagbreek, Logan Durrant (10), het ook Noordwes kleure verwerf en vir die landloop SA’s gekwalifiseer. Logan is in graad vier.

Al drie die atlete word deur Thabo Molete afgerig.

“Thabo en die atlete verdien regtig hul prestasies, want hulle werk baie hard en oefen regdeur die jaar, selfs tydens skoolvakansies en naweke,” sê die meisies se ma, Maralise.

Related Articles

Back to top button