Local newsSport

Gimnaste gebruik nou ook die Carletonville Sportsentrum

Die groep gimnaste het reeds groot planne vir die toekoms.

Van die begin van die maand af is daar nou drie sportsoorte wat in die Carletonville Sportsentrum beoefen kan word. Hoewel dié sentrum van buite af redelik gehawend mag vertoon, is dit binne vol lewe.

Volgens JJ Strydom van die Losberg Gimnastics gimnastiekklub het hulle van begin Augustus af met gimnastiek in dié saal begin.

“Ek wens ons kon só ‘n saal in Fochville kry. Dit het ‘n baie lekker atmosfeer en die munisipaliteit het baie moeite gedoen om die plek weer oop te kry vir die publiek,” sê Strydom.

Daar is reeds sowat 20 gimnaste wat Dinsdae en Donderdae van 15:00 tot 16:30 by die sportsaal oefen ná die klub eers vir ‘n jaar klasse by Aster Privaatskool aangebied het.

“Daar is reeds twee gimnaste van Carletonville wat ons hoop volgende jaar vir die SA’s gaan kwalifiseer,” sê Strydom.

Behalwe vir gimnastiek word daar ook karate en aerobiese oefeninge in die sportsaal aangebied.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button