Local newsNews

Fochville-kroegmoord na Oktober uitgestel

Die eienaar moes later die kuierplek toemaak waar die voorval plaasgevind het.

Die verhoor van die moordsaak van Natasha Wheeler Barnard van Fochville is na volgende maand uitgestel.

Wheeler Barnard is op 4 Maart 2022 oorlede na sy die vorige aand na bewering in die Boulevard restourant en kroeg in Fochville aangerand is.

Die verhoor het gister (21 Augustus) in die Fochville streekhof aanvang geneem.

Die getuienis van Maryna Doyle is tydens gister se hofverrigtinge aangehoor. Doyle was een van die mense wat ten tye van die voorval by die Boulevard was.

Beeld berig vanoggend dat getuienis aan die lig gekom het dat die oorblywende beskuldigde, Rudolph Pretorius, glo gesê het dat hy Wheeler Barnard tydens die aand van haar dood geslaan het.

Die saak word deur Streeklanddros Fatima Khan hanteer.

Dit is tot 14, 15 en 16 Oktober uitgestel.

Related Articles

Back to top button