Local newsSport

Gimnaste kwalifiseer vir SA’s

Een van die jong sterre moes ekstra hard vir sy prestasie werk.

Lede van die Losberg Gimnastics gimnastiekklub is besig om ons omgewing se naam hoog te hou.

Verskeie van die klub se lede het tydens kompetisies die afgelope weke vir die sport se nasionale kampioenskap gekwalifiseer.

Volgens die klub se eienaar en hoofafrigter, JJ Strydom, het seuns op 10 Augustus in Centurion hul staal gewys. Dylan Botha (11), Liam Kies (12), Derian Lamprecht (11), Kiano Rossouw (14) en Kgosi Msimango (15) het almal vir die SA’s gekwalifiseer. Kiano het na die nasionale kampioenskap deurgedring ondanks die feit dat hy net meer as twee maande gelede sy skouer tydens ‘n rugbywedstryd in Potchefstroom gebreek het.

“Hy het sy vlerkie van sy skouer heeltemal gebreek en die vlerkie het agter die ander vlerkie ingeskuif. Sy sleutelbeen het ook heeltemal uitgehaak. Ons was besig met ‘n kursus in Pretoria toe die afrigter sy ma bel en haar van die besering vertel. Sy moes dadelik terugjaag,” vertel Strydom.

Aangesien Kiano baie graag vir die gimnastiek SA’s wou kwalifiseer, het hulle dadelik met ekstra oefening en rehabilitasie begin toe die verband wat sy skouer in plek gehou het, verwyder kon word.

Intussen het meisies gimnaste op 9 en 10 Augustus by die Matsport sentrum in Pretoria meegeding. Elizke Rautenbach (7), Miliencke van der Westhuizen (13) en Alejaundra Pretorius (15) het híér vir die SA’s gekwalifiseer.

‘n Rugbybesering het amper Kiano Rossouw se planne om vir die SA’s te kwalifiseer in die wiele gery.
Van die beserings wat Kiano tydens die rugbywedstryd opgedoen het, kan in hierdie X-straal foto gesien word.

Related Articles

Back to top button