Local newsNews

Mans in hof na diefstal van meer as 200 beeste naby Carletonville

Beide die beskuldigdes is bekendes in die omgewing.

Twee mans wat bekend is in boerderykringe in die omgewing het eergister (13 Augustus) in die Oberholzer Landdroshof verskyn.

Die twee beskuldigdes, Hendrik Gerrit van der Sandt (34) en Jacques de Beer (51) het op aanklagte van veediefstal verskyn.

Hulle het nie gepleit nie en die saak is tot 4 September vir ‘n streekhofdatum uitgestel.

Die aanklagte spruit voort uit die feit dat 207 kalwers van die plaas Kleinfontein naby Deelkraal gesteel is. Die waarde van die beeste beloop ten minste R1.5 miljoen.

Die plaas behoort aan die klaer, Herman Fouché, ‘n bekende boer van die Muiskraal-omgewing.

Van der Sandt, alom bekend as “Boesman”, het ten tye van die diefstal as die bestuurder van Fouché se beesboerdery gewerk.

Sover vasgestel kan word, doen De Beer, wat in die Boskop-omgewing woon, ook reeds jare werk op plase in die omgewing.

Hoewel Van der Sandt volgens sy Facebook-profiel die plaasbestuurder van die Janes Wasserman Familie Trust is, werk hy glo deesdae op ‘n plaas in die Oos-Kaap. Hy het by die trust gewerk voor Fouché hom in diens geneem het.

Hendrik Gerrit van der Sandt, alom bekend as “Boesman” is een van die twee beskuldigdes. 

Related Articles

Back to top button