News

Gouelokkies en Die Slapende Skone se verband met Fochville

Almal was vol lof.

Indien jy wou weet wat regtig met Gouelokkies en Die Slapende Skone gebeur het, moes jy op 2 Augustus na Hoërskool Fochville se Afrikaanse Spreekkoor gaan kyk het.

Volgens die skool se woordvoerder, Elsabe de Mesquita, was daar allerhande kinkels in dié kabels gewees.

Die arme Gouelokkies is op die ou einde Girl’s Town toe oor al haar streke en die Slapende Skone het aan halitose gely omdat sy so lank gelê en slaap het sonder om tande te borsel.

Dié interessanthede het aan die lig gekom tydens die Spreekkoor se deelname aan die Festival de Arte. Hulle behaal 95% (A++) vir hul optrede en stap ook as wenners in die afdeling vir spreekkore weg.

“Hulle het pragtige kommentaar by die beoordelaar Laurinda Pretorius gekry, onder andere dat hul invalle, frasering, pousering en artikulasie puik was. Die minimalistiese rekesiete het ook uitstekend gewerk en hul bewegings was kreatief en effektief.”

Die groep, bestaande uit 53 leerders van graad agt tot graad 12, het dit ook baie geniet en hope pret gehad.

“Hoërskool Fochville bedank al die organiseerders van die Festival de Arte Kunsfees vir die geleentheid wat hulle in die gemeenskap skep om aan uitvoerende en visuele kunste ‘n platform te gee,” sê De Mesquita.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button