Local newsNews

Video: Kyk hoe word rivier by Welverdiend besoedel

Die rivier word al vir ten minste ses maande so besoedel.

Inwoners van Welverdiend kla al van einde verlede jaar dat riool onverpoosd uit ‘n mangat op die sypaadjie van 26ste Laan stroom.

Ongelukkig is hierdie sypaadjie aan die kant van die dorp, naaste aan die Wonderfonteinspruit, die rivier wat langs Welverdiend verby vloei. Al die riool stroom direk deur die veld in die rivier.

Vandag het ‘n inwoner, Vince Smith, gekla dat riool ook ‘n blok verder uit ‘n mangat in 25ste Laan vloei.

Die Wonderfonteinspruit vloei verby Carletonville, Khutsong en Welverdiend en sluit later by die Mooirivier, waaruit Potchefstroom hul drinkwater kry, aan.

Volgens die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit is die oorsaak van ‘n probleem ‘n elektriese kabel wat by die munisipaliteit se pompstasie buite die dorp gesteel is. Dit veroorsaak dat riool nie behoorlik gepomp kan word nie.

Kyk hier na die video:

Related Articles

Back to top button