Local newsNews

Slaggate in Greenspark verhoog veiligheids- en gesondheids gevare

Dit is reeds vir jare nie veilig nie.

Die slaggate in die straat rondom Laerskool Greenspark hou ernstige veiligheids- en gesondheidsprobleme in, wat groot bekommernis veroorsaak by inwoners.

Een van die inwoners van die straat langs die skool, Jeffry Grabey het opgemerk dat die dreine in die area geblok is, wat die situasie vererger wanneer dit reën.

“Wanneer dit reën word die padoppervlakte baie glad en gevaarlik. Dit maak dit moeilik vir plaaslike vervoer om veilig deur die area te beweeg.”

Volgens inwoners is daar ook ‘n stortingsterrein net langs die skool. Hierdie terrein dra by tot die gesondheidsprobleme wat die skoolkinders kan beïnvloed. Die stortingsterrein is besig om ‘n omgewingskrisis te veroorsaak, wat die skool se veiligheid en gesondheid negatief beïnvloed.

Willem Matjun, ‘n inwoner in hierdie gebied, het gesê dat die skoolbusse dikwels op die sypaadjies moet ry omdat die slaggate die normale roete onbruikbaar maak.

“Dit is ‘n groot probleem. Die busse kan nie op die pad bly nie en dit verhoog die risiko vir die kinders wat elke dag op en af van die skool beweeg.”

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het geen kommentaar gelewer op vrae oor die probleem nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button