Local newsNews

Bekende inwoner van Carletonville oorlede

Louis was ook op die sportveld bekend.

‘n Bekende en geliefde inwoner van Carletonville, Louis Vermeulen, is verlede week oorlede.

Louis is op 89-jarige ouderdom na ‘n kort siekbed in die intensiewe sorgeenheid van die Krugersdorp Netcare hospitaal oorlede.

Louis was sedert 1953 ‘n inwoner van Carletonville en het al jare op Doornfontein goudmyn as n reduksiewerker in diens en later as skofbaas op die myn afgetree.

Hy is vanuit die NG Kerk Oberholzer Wes, waar hy ‘n lidmaat was vir 43 jaar was, begrawe. Volgens ds Pricilla Botha, die gemeente se predikant, was Louis Vermeulen hul oudste lidmaat en het hy getrou hul dienste bygewoon.

Louis was ook in sportkringe bekend omdat hy sy passie vir rugby as ‘n Wes Transvaal skeidsregter wat uitgeleef het. Baie inwoners van Carletonville onthou hom daarvoor.

Oom Louis het elke Saterdag oggende sy ontbyt by die Wimpy in Carletonville gaan eet. Die personeel en eienaar van die Wimpy was geskok en hartseer oor die heengaan van Oom Louis.

Die kinders bedank vriende en familie in Carletonville wat ‘n hom op sy rype ouderdom tot op die laaste ondersteun het. “Ons gaan hom baie mis,” is die meeste inwoners se laaste woorde oor hom.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button