NewsNews

Nomineer jou gunsteling sakeonderneming in Merafong

So kan jy ook help om erkenning te gee aan besighede wat goeie diens lewer.

Lede van die publiek kan nou self sê watter besighede in die omgewing hulle dink die beste is.

Dit is sakeplekke waar kliënte diens van uitsonderlike hoë gehalte ontvang, en wat na hul mening ‘n spesiale pluimpie verdien. Word deel van hierdie positiewe dryfkrag!

Ons omgewing het verskeie uitstekende besighede wat met goeie diens oor tyd ‘n goeie naam vir hulself en ons omgewing opgebou het – hetsy dit restaurante, gastehuise, loodgieters, elektrisiëns en enige ander soort private onderneming is.

Maak seker jy nomineer so gou moontlik die sakeondernemings in Merafong wat na jou mening die toekennings verdien.

MooiVaal Media sal deur middel van die Best of Merafong Readers’ Choice Awards erkenning gee aan plaaslike besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in ons omgewing opgebou het.

Besoek die aanlyn nominasieblad by https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/best-of/ of skandeer die QR kode wat jou direk na die inskrywingsvorm neem.

Die kompetisie duur tot 31 Julie. Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar sal word.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button