Local newsNews

Callies se hokkiespanne aan die gang

Die spanne hou die skool en dorp se naam hoog.

Hoërskool Carletonville se hokkiespanne het die afgelope week die skool se naam tydens groot kompetisies hoog gehou.

Die skool se o.14 en o.16 spanne het Saterdag, 25 Mei in die finale van die D2 Klein Skole Liga gespeel. Ongelukkig moes albei die spanne die knie teen Randfontein High School buig.

Intussen het die skool se Eerstes en die o.15-span Vrydag in semi-finale gespeel.

Die o.15’s het hul semi-finaal teen opponente van Hoërskool Roodepoort gewen. Dié ster span het voortgegaan om die volgende dag as ligawenners uit die stryd te tree toe hulle Randfontein High School met ‘n telling van 2 – 1 in die stof laat byt het.

Die Eerstes het ook na hul finaal deurgedring, maar moes die knie met ‘n telling van 3 – 4 teen Curro Krugersdorp buig.

Regs: Die o.14’s het tot in die finaal gevorder.
Die o.16’s het ook hul skool se naam hoog gehou deur tot in die finaal te vorder.

Related Articles

Back to top button