Local newsNews

Fochville kroegverhoor weer uitgestel

Die oorblywende beskuldigde het weer hierdie week in die hof verskyn.

Die verhoor van die oorblywende beskuldigde in die moord op Natasha Wheeler Barnard is wéér die afgelope week uitgestel.

Die saak het weer Vrydag, 10 Mei, in die Streekhof op Fochville voorgekom.

Dit is egter tot Dinsdag, 2 Julie uitgestel.

Rudolf Pretorius staan tereg op Wheeler Barnard se moord na die aanklagte teen die vier ander inwoners wat ook aanvanklik op die moord aangekla is, Maryna Doyle, Sydney Scheepers, Twane Wienand in Dave Lourens op 14 Augustus verlede jaar teruggetrek is.

Dié beskuldigdes se regsverteenwoordigers het vroeër vertoë tot die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) in Gauteng gerig dat die saak teruggetrek moet word.

Wheeler Barnard is op 4 Maart 2022 oorlede na sy die vorige aan na bewering in die Boulevard restourant en kroeg in Fochville aangerand is.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button