Local newsSport

Skopboksers bring medaljes huistoe

Hulle het tydens die nasionale kampioenskappe in Potchefstroom presteer.

Vegters van die XKT Fight St skopboksklub van Carletonville het die afgelope week nasionale titels tydens die Nasionale Skopbokskampioenskappe ingepalm.

Meer as ‘n duisend vegters van regoor die land het van 25 tot 28 April aan die SAKA (South African Kickboxing Association) se nasionale kampioenskappe by die NWU in Potchefstroom deelgeneem.

Ondanks die hewige kompetisie het die vegters van Carletonville meer medaljes as ooit tevore huis toe gebring.

Emma Golden, Sumari-May Eddy en Albert Wright het elk drie goue medaljes ingepalm terwyl Charmaine Rabbolini twee goue medaljes in die volkontak-afdeling huis toe gebring het. Leeroy Robinson het ook ‘n goud vir volkontak gevegte ingepalm. Patrick Steyn het ook ‘n goue medalje huis toe gebring.

Tinus van der Westhuizen het ook twee goue medaljes huis toe gebring, terwyl Reegan Burger, Marike van Vuuren en Megan Golden elk ‘n goud, silwer en brons ingepalm het. Abigail Botha het goue- en bronsmedaljes ingepalm.

Emma Botha het drie silwermedaljes, Alez Tuz en JT Tuz elk twee silwermedaljes en Dewald Greyling twee silwer- en een bronsmedalje huis toe gebring.

Nathan Sale en Kenneth Golden het elk ‘n bronsmedalje ingepalm terwyl Prince Lesedi en Rohann van Jaarsveld elk drie vierde plekke gewen het.

“Hierdie is uitstekende prestasies omdat elke goue medalje ‘n nasionale titel vir ons klub is. Ek is baie trots op die vegters en hulle bring elke jaar meer medaljes terug,” sê die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.

Hy sê die vegters is reeds besig om hulle vir groot kompetisies in Centurion in Mei en Junie voor te berei, terwyl dié wat die afgelope naweek goue medaljes gewen het, wag om te hoor of hulle vir die nasionale span wat binnekort na Namibië gaan toer, gekies is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button