Local newsNews

Oud-inwoner van Carletonville oorlede

‘n Jarelange inwoner van Carletonville wat deur baie onthou sal word, is onlangs oorlede.

Wilhelmina Coetzee is op Vrydag 22 Maart in haar slaap oorlede. Sy het in Desember 72 jaar oud geword.

“My ma was alombekend by al Pick n Pay se kliënte. Sy het vir 20 jaar vir Pick ‘n Pay gewerk, as sekuriteit by die deure, as kassiere by “refunds” asook by “receiving”,” sê haar dogter, Maria.

Sy het in Welverdiend grootgeword en het in Carletonville gekatkiseer en is ook hier aangeneem en later getroud.

Coetzee het in 2013 Krugersdorp toe verhuis en in 2020 met die Covid-19 pandemie by haar dogter in Pretoria gaan woon.

Volgens Maria het haar ma so twee jaar gelede ligte beroertes begin kry wat haar hart aangetas het.

Haar herinneringsdiens sal môre, 4 April, om 13:00 uit die NG Kerk Krugersdorp Noord op die hoek van Derde en Viljoenstraat gehou word.

Sy laat haar suster, twee broers, drie dogters en twee kleinkinders agter.

Ons innige meegevoel met haar familie en vriende.

 

Die familie het ook ‘n skakel na môre se herinneringsdiens besikbaar gestel vir diegene wat dit nie kan bywoon nie:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button