News

Onthou om vanaand vol te maak

Die prys van petrol en diesel gaan weer vanaand om middernag styg.

Bestuurders moet onthou om vanaand hul voertuie vol te maak voor die stewige verhoging van veral petrolpryse wat om middernag gaan inskop.

Die Sentrale Energiefonds het aangekondig dat 93 oktaan petrol van middernag af 65 sent per liter duurder gaan wees.

95 Oktaan petrol gaan 67 sent per liter meer kos.

Bestuurders van dieselvoertuie sal egter net drie sent ‘n liter vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0.05% en een sent ‘n liter vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0.005% hoef op te dok.

Die groothandel prys van paraffien daal met 29 sent en die prys van gas sal ook met 19 sent daal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button