Local newsNewsSport

Skopboksers wys hul staal

Hulle het weer ons dorp se naam in Kempton Park hoog gehou.

Vegters van die XKT Fight St skopboksklub van Carletonville het die afgelope naweek hul staal teen opponente van verskeie ander provinsies gewys.

Die groep het Saterdag aan die Battle Of The East kompetisie deelgeneem. Dit is in die Kempton Park sportsentrum gehou.

Deelnemers van Gauteng, Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo het vir medaljes meegeding.

“Dit was ter voorbereiding vir die SA’s aan die einde van April. Daar was sowat 300 deelnemers,” sê die klub se afrigter, Sihan Chimmy van Winkel. Hy sê die klub se lede het hul baie goed van hul taak gekwyt en baie medaljes ingepalm.

Selfs die nuwe jonger vegters, wat teen opponente moes veg wat vir die SA’s gekwalifiseer het, het baie goed presteer.

Related Articles

Back to top button