Vegters van die Fight St MMA klub in Carletonville het onlangs tydens ‘n groot kompetisie hul staal gewys.
Die groep vegters het op Saterdag, 9 Maart aan ‘n “grappling” kompetisie in Hatfield in Pretoria deelgeneem. Meer as 150 vegters van regoor Gauteng het kragte gemeet. Christoff van Jaarsveld het ‘n goue medalje gewen terwyl Nikita Dippenaar, Rohann van Jaarsveld, Charmaine Rabbolini en Patrick Steyn silwer medaljes huis toe gebring het.
Een van die klub se vegters, Kenneth Golden, het ook as deel van die byeenkoms se aandprogram vir gevorderde vegters aan ‘n MMA-kragmeting deelgeneem.
Hy het ook ‘n silwer medalje ingepalm.
Verskeie van die klub se vegters het reeds vir die nasionale MMA kampioenskap gekwalifiseer. Dit word van 18 tot 20 April in Greyville in Durban gehou.