Local newsNews

Pragtige diere soek huise by die DBV

Die diere het nie gevra om hier op te eindig nie.

Daar is baie pragtige honde en katte wat by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise soek.

Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.

Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.

Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.

Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.

Hierdie lieflike en baie vriendelike Border Collie wil ook graag weer voor omgegee word.
Hierdie hondjie is ook reg om aangeneem te word.
Hierdie baba hondjie is vreeslik vriendelik en vol lewe en sal ‘n ideale troeteldier vir baie gesinne wees.
Verskeie pragtige katjies moet ook aangeneem word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button