Local newsNews

Herstelwerk by Rand Water se pompstasie voltooi

Dit kan moontlik verligting vir van ons waterprobleme bring.

Die herstelwerk by Rand Water se Eikenhof pompstasie is uiteindelik klaar, wat van ons area se waterprobleme minder kan maak.

Merafong se munisipale bestuurder, Dumisani Mabuza, het vanoggend gesê dat die herstelwerk bykans voltooi is, maar die nasionale radiostasie RSG het later, om 09:00, aangekondig dat dit reeds voltooi is..

Die herstelwerk was genoodsaak na probleme by van Joburg City Power se infrastruktuur wat elektrisiteit aan die pompstasie voorsien. As gevolg van die probleme kon water nie na munisipale areas soos Merafong gepomp word nie.

Die probleem het ook watertekorte in dele van Johannesburg en onder meer Rustenburg veroorsaak.

Dit het die huidige watertekorte vererger in dele van Carletonville, Fochville, Welverdiend en ander areas in Merafong wat deur die munisipaliteit se wanbetaling aan Rand Water veroorsaak is. Rand Water het Merafong se watertoevoer gesny omdat ons munisipaliteit die watervoorsiener meer as R800 miljoen skuld.

Rand Water dreig dat hulle Merafong se water op 25 Maart met ‘n verdere 20% sal sny indien die munisipaliteit hulle weer nie genoeg betaal nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button