Local newsSport

Jaguars speel Saterdag proewe

Nou is jou kans indien jy wil rugby speel.

Ons area se eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, is hard aan die oefen om vanjaar hul opponente op hul neuse te laat kyk.

Dit is die klub se tweede bestaansjaar en spelers het reeds amptelik op 16 Januarie by die Gert van Rensburg-sportstadion in Fochville begin oefen.
Die klub is reeds besig om hul spanne vir die seisoen bymekaar te kry en die proewe om vas te stel wie in watter span gaan speel.

Dit word Saterdag, 3 Februarie gehou en begin om 14:00 by die stadion. Voornemende spelers van regoor die area is welkom.

“Ons kort nog spelers. Belangstellendes is welkom om die oefening Dinsdae en Donderdae om 17:30 by te woon,” sê die klub se woordvoerder, Simoné Harman.

Die klub speel weer vanjaar in die Goue Leeus rugby-unie se Senior Grand Challenge liga.

Die Jaguars se eerste ligawedstryd gaan op 13 April plaasvind wanneer hulle teen die Union Knights of die Wasps gaan speel.

Hul speel dan weer op 19 April teen Diggers en op 4 Mei teen Randfontein of Wanderers.

Ander wedstryde in Mei is 10 Mei teen Khoza, 17 Mei teen Harlequins en 25 Mei teen Kagiso.

Junie se aksie begin 1 Junie wanneer die Jaguars teen Germiston Simmers te staan sal kom.

Hulle sal dan weer 8 Junie teen die Union Knights of Wasps te staan kom. Die tweede rondte van die liga begin 22 Junie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button