Local newsSport

Dorado se hengelaars katrol grotes in

Carletonville se bekende marlynhengelaars het hul weer uitstekend van hul taak gekwyt.

Lede van die Dorado Skibootklub van Carletonville het die afgelope vakansie verskeie groot snawelvisse boot toe gebring.

“Dit was ons beste Desember vir marlyne vang ooit,” sê ‘n lid van die klub, Jaco Hendriksz. Hoewel mens dalk sou kon dink dat die klub se lede na die verskeie groot kompetisies teen die einde van verlede jaar net sou wou rus, het hulle egter hul vaardigheid van 2 Desember tot 5 Januarie in die waters by Sodwana in KwaZulu-Natal gaan toets.

Die grootste vis dié vakansie was ‘n bloumarlyn van 183 kg wat deur Jannas Hendriksz gevang is.

Die groep kranige seilvishengelaars het ook op 4 Januarie ‘n dameskompetisie gehou, waartydens Mariette Hendriksz ook ‘n bloumarlyn van 101 kg gevang het.

Al die hengelaars het van die Hendriksze se boot Kit-Kat af gevang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button