Local newsNews

Carletonville se watertoevoer word ‘teen vanaand’ herstel

Moontlike einde aan Carletonville se waterprobleme.

Dit lyk uiteidelik of die watertekorte wat baie inwoners van Carletonville die harnas in gedryf het uiteindelik tot ‘n einde gaan kom.

Verskeie raadslede, waaronder die wyksraadslid vir Wyk 17, Carl Steenekamp, het kort vantevore ‘n boodskap gedeel van die munisipale bestuurder, mnr. Dumisani Mabuza, waarin hy sê dat die Merafong Ciy Plaaslike Munisipaliteit en Rand Water ‘n ooreenkoms oor die probleme bereik het. Volgens die ooreenkoms sal Rand Water die dorp se watertoevoer teen vanaand herstel hê.

Mabuza het ook die publiek om verskoning gevra vir die ongerief wat hulle as gevolg van die waterprobleme gely het.

Dié aankonding kom ná die meeste inwoners van Carletonville vir sowat ‘n dag en ‘n half geen water in hul huise gehad het nie.

Selfs skole drastiese stappe begin neem het om die waterprobleme te probeer hanteer.

In n persvrystelling vroeër vanmiddag sê die VF Plus raadslid, Ben van den Berg, dat Laerskool Jongspan se hoof, Dr JH Malan, vandag ‘n amptelike brief aan ouers geskryf het waarin hy hulle meedeel dat leerders as gevolg van die waterprobleme môre vroeg huis toe gestuur gaan word.

De probleme volg na Rand Water blykbaar Merafong se watertoevoer met 70% gesny het omdat die munisipaliteit na bewering nie die nodige waterbeperkings in Desember toegepas het nie.

Hoewel die Herald vanoggend al Rand Water se woordvoerder, Pride Mguli, gevra het om hulle kant van die storie te gee, is geen terugvoer tot nou toe ontvang nie.

Die waterinperkings het Carletonville besonder swaar getref omdat die dorp tans nie ‘n reservoir het nie. Die reservoir is reeds sedert 2015 as gevolg van sinkgate nie gebruik kan word nie.

Die Herald het in Oktober verlede jaar berig dat, hoewel die munisipaliteit ‘n kontrakteur aangestel het om die reservoir te herstel, verdere sinkgate naby dit ingeval het

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button