News

Video: Man (71) gelukkig om te lewe ná aanval in Potchefstroom

Daniel van Rensburg is Maandagoggend 'n paar keer met 'n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit.

Daniel van Rensburg (71) ‘n inwoner van Uitkoms-woonstelle in Potchefstroom is gister omstreeks 07:09 op die hoek van Kamp en Klipstrate aangeval. Hy is ‘n paar keer met ‘n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit.

Van Rensburg vertel meer oor die voorval:

Van Rensburg moes vir sy lewe baklei terwyl hy en die aanvaller vir ongeveer 20 sekondes gestoei het. ‘n Verbygaande motor het die skurk laat spaander, waarna ‘n bebloede Van Rensburg vir hulp gaan soek het.

Van Rensburg se ringvinger aan sy linkerhand is ook amper afgesny en hy moes dringend mediese hulp by Potchefstroom-hospitaal kry om sy vinger te heg.

Daniel van Rensburg se linkerhand is erg beseer.‘n Saak is by die polisie oopgemaak.

“Ek is baie gelukkig om hier te kan sit en leef. Dinge kon baie anders uitgedraai het as daardie motor nie verbygery het nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button