Local newsNews

Man in hof na diefstal vanaf ‘n voertuig

Man in hof na voorval by winkelsentrum.

Die man na die wie polisie vroeër die week in verband met ‘n misdaad by ‘n winkelsentrum in Carletonville gesoek het, het vandag in die hof verskyn.

Adriaan van der Westhuizen het in die Oberholzer Landdroshof op ‘n aanklag van diefstal vanaf ‘n motorvoertuig verskyn. Hy het nie gepleit nie en die saak is uitgestel.

Sy verskyning spruit voort uit ‘n voorval waarop hy op kamera afgeneem is toe hy ‘n ander bakkie by die winkelsentrum se kantspieël verwyder en doodluiters daarmee weggery het.

Hy is ook in die supermark by dieselfde sentrum afgeneem. Aangesien dié beeldmateriaal sy gesig duideliker gewys het, is dít gebruik om hom op te spoor.

Sover vasgestel kan word, was die polisie in Krugersdorp ook ten tye van die voorval in verband met ‘n ander misdaad na hom op soek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button