Beleef die wonder van Kersfees

Lees Johannes 1:12-15 Die menswording van Jesus is die allerbelangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die mensheid en die allerdiepste openbaring van die liefde van God. Die Christendom het nog altyd deur die eeue heen oor sy teenstanders geseëvier want ons het Jesus, die Seun van die lewende God in ons midde. Die Woord het …

Lees Johannes 1:12-15

Die menswording van Jesus is die allerbelangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die mensheid en die allerdiepste openbaring van die liefde van God.

Die Christendom het nog altyd deur die eeue heen oor sy teenstanders geseëvier want ons het Jesus, die Seun van die lewende God in ons midde. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.

Die grondteks sê dat die Woord “vlees” geword het wat beteken dat Hy die menslike natuur aangeneem het, maar dan ook die sondige natuur van die mens.

Paulus stel dit in Romeine 8:3 dat God sy Seun gestuur het in die gestalte van die sondige mens.

Tog het Hy sonder sonde gebly.

Hy het die sonde oorwin en aan die kruis my sondeskuld gedra
(1 Pet 2:24). Letterlik word in die grondtaal gesê dat Hy sy tabernakel of tentwoning onder ons kom opslaan het (Joh 1:14). Dit laat ‘n mens dink aan die tabernakel wat Moses in die woestyn opgerig het waar God tussen sy volk gewoon het en sy heerlikheid geopenbaar het (Eks 40:2,34).
Deur die menswording van Jesus ervaar ons dus Immanuel, God met ons. As ons nadink oor die betekenis van Kersfees besef ons dat dit vir ons en ons geliefdes die ideale geleeentheid is om die nabyheid vanGod in Jesus deur die geloof te geniet.

Hy het gekom, Homself aangebied en Hy klop aan die deur van die hart van die mens (Op 3:20).

Daarop moet die mens reageer:
Hy kan weier om die deur oop te maak of om Hom met groot
blydskap binne te nooi.

Daar is geen draadsitters in God se Koningkryk nie: Of jy neem Hom aan of jy verwerp Hom. Jy neem die Here aan deur in Hom te glo.

Dan kry jy die reg om ‘n kind van God te word, want as jy die enigste Seun van God aanneem, neem Hy jou as sy kind aan (Joh 1:12). Die kloof tussen God en mens is oorbrug.

Neem Hom aan!

Hy is die Lig wat gekom het om ons te verlig. As jy Hom volg, sal jy die Lig hê wat lewe gee en jy sal nie in die duistenis van sonde hoef te lewe nie (Joh 8:12).

Uit sy oorvloed van genade en liefde ontvang sy kinders genade op genade (Joh 1:16). Daar is ‘n onophoudelike stroom van genade uit die volheid van God.

Gebed:
Dankie Here, omdat ek met vreugde die wonder van Kersfees kan ervaar deur U te volg op my lewenspad.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button