Local newsNews

Kapers ontvoer inwoner voor huis

‘n Inwoner van die omgewing is die afgelope naweek voor sy vriend se huis oorkant Laerskool Dagbreek deur kapers ontvoer.

Die groep vriende het blykbaar Vrydagaand in die een se VW Polo van Khutsong af gery en by die huis in Monazitestraat gestop sodat die voertuig se eienaar vinnig iets kon gaan haal. Hy het net uit die huis terug na die motor toe gestap toe hy hoor hoe iemand ‘n vuurwapen oorhaal.

Twee van sy vriende het uit die Polo gespring en weggehardloop waarna ‘n wit kar skielik langs sy kar gestop het.

Die skelms het sy vriend, wat die motor bestuur het, uitgepluk en met hom weggejaag. Die booswigte het egter ‘n paar meter verder omgedraai, teruggejaag en die Polo ook kom haal.

Hulle het toe weer weggejaag.

Die vriend is later vrygelaat maar die gekaapte Polo was teen druktyd steeds soek.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button