Local newsNews

Wie is hierdie man?

Die polisie probeer steeds vasstel wie die man is wie se liggaam verlede week in die Carletonville Industriële Gebied gevind is.

Die man se erg ontbinde liggaam is verlede Dinsdagaand (7 November) omstreeks 19:10 in Kleimstraat die nuwe industriële gebied gevind.

Hulle het nou beeldmateriaal van ‘n sekuriteitskamera opgespoor waarin die man gesien kan word toe hy nog lewendig was.

Die veld waar die man se liggaam ontdek is, is reg oorkant die Staatslykshuis.

Sover vasgestel kan word, is die man gereëld voor sy dood in die omgewing gesien.

Enige iemand wat dink hulle weet wie die man is, moet sersant Wynand Kruger by 065 968 9630 skakel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button