News
Vuur saai verwoesting, perde gered
Goeie spanwerk in het daar toe gelei dat al die diere gered kon word. Lees meer...
MEYERTON. – Die Highveld Horse Care Unit red al jare diere en donkies. Nou is hulle in die nood, nadat ‘n veldbrand Donderdagaand van ʼn aangrensende veld na hul kant toe versprei het.
Die eienaars is teen 20:30 verwittig van die vuur. Al die personeel het dadelik na die kleinhoewe gehaas om die diere na veiligheid te bring. Slegs een van die perde moes behandel word vir rook inaseming.
Geen diere of mense is in die vuur beseer nie. Daar is egter groot skade aan die elektrisiteitsheining en hul JoJo tenk het gesmelt.
Intussen is daar reeds drie JOJO tenks geskenk, maar geld word dringend benodig om die heining te herstel.
Donasies kan in die volgende rekening betaal word. Rekeningnaam: Highveld Horse Care Unit. Rekeningnommer: 530 100 342 38. Bank: FNB. Verdere inligting beskikbaar by www.horsecare.org.za
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.