Local newsNews

Huisrowers slaan in Kaolinstraat toe

Nóg ‘n gesin van Carletonville moes dié week gewapende rowers trotseer.

Die gesin was die aand van 18 Oktober besig om in hul huis te ontspan toe twee onbekende mans instorm.

Die rowers het vuurwapens uitgeruk en die gesin vasgebind.

Hulle het verskeie elektriese ware gegryp, dit in ‘n wit Nissan Tiida met die registrasienommer WHV167GP gelaai en weggejaag.

Die voertuig is die volgende dag by Zenzele by Randfontein gevind, maar die rowers en die gesteelde ware was skoonveld.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button