Local newsNews

Rowers blaas OTM op

Die Blyvoor Spar inkopiesentrum het weer die afgelope week onder rowers deurgeloop.

Sover vasgestel kan word was pompjoggies by die vulstasie by die sentrum aan diens toe hulle Maandagoggend omstreeks 01:30 ‘n groep van sowat 15 mans gewaar het.

Die mans het op hulle afgestorm en hulle gedwing om te gaan lê.

Die rowers het hierna die outomatiese tellermasjien by die supermark opgeblaas.

Hulle het ook die sleutels van die drankwinkel in die supermark gekry en geld by die supwermark en drankwinkel gesteel sowel as die pompjoggies se selfone gesteel. Dit is nie seker of hulle wel geld uit die OTM kon kry nie.

Die rowers het hierna weggehardloop.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button