News

Matrieks van Driehoek in gru-ongeluk

HS Driehoek in ons buurdorp se matrieks se blye laaste dag het in 'n oogwink tot een van skok en hartseer verander.

VANDERBIJLPARK. – Twee matriekleerlinge van die HS Driehoek is ernstig beseer in ‘n motorongeluk in Rossini-blvd, 20 Oktober.

Die ongeluk het om en by 11:00 plaasgevind. Vaal Emergency Care was gou op die  toneel waarna die brandweer ontbied is om die bestuurder uit die motor te bevry.

Die eerste leerling is na die hospitaal geneem waar hy onder andere vir ʼn gebreekte arm en kopwond behandel word.

Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na Alberton vervoer.

Vandag was hul laaste skooldag. Hul het die dag afgeskop met ʼn erediens en die klok-seremonie.

Waar die klok nog vroeër vandag vrolik die einde van hul skoolloopbaan aangekondig het, het die sirenes van die ambulans ʼn hartseer storie vertel.

Vaalweekblad bid albei seuns voorspoed en sterkte toe en dra ook hul families en gesinne in ons gebede op.

Lees hier die oorspronklike berig:

Matrieks van Driehoek in gru-ongeluk

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button