Local newsNews

Vrou in eie huis aangeval

‘n Inwoner van Oberholzer het die afgelope week ‘n nare ondervinding gehad.

Die vrou (49) was op 10 Oktober omstreeks 12:20 in die slaapkamer van haar huis in Marthinusstraat besig. Die slaapkamer is op die huis se eerste vloer geleë.

Sy het skielik ‘n lawaai op die grondvloer gehoor en afgeloop om te gaan kyk wat aangaan. Die vrou was nog op pad toe twee onbekende mans op haar afstorm.

Een was gewapen.

Hulle het haar terug na haar slaapkamer gedwing en gedreig om stil te bly.

Die mans het toe deur die huis begin soek en ‘n televisiestel sowel as die vrou se selfoon en hadsak gesteel.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button