Lede van dié klub oefen Maandae en Woensdae van 17:10 tot 18:20 op Laerskool Losberg se netbalbane.
“Ons oefen nog steeds om fiks te bly want daar is nog ‘n paar byeenkomste wat voorlê. Mans en vroue is welkom om saam te oefen,” sê ‘n lid van die klub, Petro Lizemore.
Klublede is bereid om ander te leer wat nie die sport ken nie en daar is geen klubgelde wat betaal hoef te word nie.
Belangstellendes kan Juaney Groenewald by 066 479 7262 skakel of die klub op hul Facebook-blad by Fochville Netbal Klub kontak.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.