Local newsNews

Ontvoerde hondjie weer veilig tuis

“‘n Man wat twee huise vanaf ons bly het Kilo deur die hek gelok, Kilo is baie vriendelik en sou saam hom gaan,” so vertel Schandry Kuhn, eienaar van ‘n Yorkshire Terrier wat Sondag 8 Oktober ontvoer en verkoop was. Tiaan Grobler, Schandry se verloofde, vertel dat die man Kilo vir R 500 in die …

“‘n Man wat twee huise vanaf ons bly het Kilo deur die hek gelok, Kilo is baie vriendelik en sou saam hom gaan,” so vertel Schandry Kuhn, eienaar van ‘n Yorkshire Terrier wat Sondag 8 Oktober ontvoer en verkoop was.

Tiaan Grobler, Schandry se verloofde, vertel dat die man Kilo vir R 500 in die industriële gebied by ‘n petrolstasie aan inwoners van Secunda verkoop het.

“Die industriële gebied is baie naby, net oor die treinspoor,” verwys Schandry na die treinspoor met die gebreekte beton-heining in Soetdoringstraat. “Kilo is nie die eerste slagoffer nie,” vertel Schandry verder, “die vrou wat op die hoek bly sê haar hond is ook deur die man gesteel en verkoop, maar sy het nie genoeg bewyse om hom wettelik te vervolg nie.”

Tiaan en Schandry het Sondag sonder ophou na Kilo gesoek. “Ons het Sondagoggend vier uur bietjie gaan lê en ses uur weer opgestaan en verder gesoek.” Die paar het sonder ophou gesoek tot ses uur Maandagaand. “Onbekendes het kom hulp aanbied, mense het gister heeldag rondgery en help soek na Kilo. Mense het gistermiddag in die strate rondgedraf en na hom gesoek. Daar was ‘n vrou wat die hele middag met ‘n stootwaentjie rondgeloop en soek het na Kilo,” vertel die twee saam.

Tiaan Grobler en Schandry Kuhn is oorstelp van blydskap om Kilo by die huis te hê.

Schandry is steeds baie emosioneel en Tiaan kyk met deernis na haar. “Ek’s gebreek. Dit was die ergste twee dae van my lewe. Ek het nog nooit so seer gehad nie. Ek het aanhou wonder of hy ‘n warm plek het om te slaap, of hy kos het, en of iemand dalk oor hom gery het.”

Schandry vertel dat Kilo al ‘n keer of twee uitgekom het, maar dan het hy Yorkies wat oorkant die pad bly gaan groet, en mense kon altyd dadelik sê waar hulle hom gesien nie. “Die keer was daar egter geen spoor van Kilo nie en niemand het iets gesien nie,” sê Schandry.

Tiaan en Schandry is in die proses om inligting en bewysstukke bymekaar te maak en gaan regstappe teen die man neem. Verder wil Tiaan en Schandry baie dankie sê aan die Potchefstroom gemeenskap vir hul hulp en ondersteuning.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button