Local newsNews

Bikers maak harte oop vir Huis Hebron

Die ruim harte van ‘n groep motorfietsryers van die Pretoria Harley Riders Club het Huis Hebron tussen Potchefstroom en Fochville se dag gemaak toe hulle ongeveer 180 kg vleis sowel as ‘n hele sleepwa vol groente en vrugte geskenk het.

Die ruim harte van ‘n groep motorfietsryers van die Pretoria Harley Riders Club het Huis Hebron se dag gemaak toe hulle ongeveer 180 kg vleis sowel as ‘n hele sleepwa vol groente en vrugte geskenk het.

Dit was deel van die Roaring River Rally waar hierdie groep van ongeveer 50 motorfietsryers, na mense in die Potch en Parys areas uitgereik het om kos te verskaf.

Die Pretoria Harley Riders Club het as deel van die Roaring River Rally vleis en groente aan Huis Hebron geskenk. Hier is Jaco Minty, Gretha le Roux, Fanie le Roux en Wentzel Jordaan.

Lede van die Pretoria Harley Riders Club wat deel van die skenking was.

Gretha le Roux en haar seun Fanie was verheug oor die groot skenking vir Huis Hebron.
“Ons wil vandag graag ‘n R 10 000 donasie ook aan Huis Hebron maak, sowel as die vleis en groentedonasies. Baie dankie vir die werk wat julle doen,” noem Jaco Minty van die klub.

Pierre Cronje, ‘n plaaslike Potchefstromer wat met Minty bevriend is, het hierdie skenking gereël.

Die stigter van Huis Hebron, Gretha le Roux, haar seun Fanie en ds. Pierre van den Berg het die oorhandiging op Saterdag, 23 September bygewoon.

Die glimlagte op hul gesigte het boekdele gespreek oor die dankbaarheid wat hulle sowel as die inwoners van Huis Hebron oor hierdie skenking het.

Pierre Cronje, ‘n plaaslike Potchefstromer wat met Minty bevriend is, het hierdie skenking gereël.

Inwoners van Huis Hebron met die skenkings wat hul ontvang het.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg dat julle ons so bederf met hierdie skenkings. Ons is baie geseënd om julle hier in Potch te kan verwelkom. Hebron is vanjaar 21 jaar oud. Huidig is daar ongeveer 110 mense wat op die perseel woon. Die gemeenskap is baie vrygewig vir ons. As daar iets kort by Hebron gaan mens op jou kniee en die Here sal voorsien,” noem Fanie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button