Local newsNews

Rowers slaan by klerewinkel toe

Inwoners het gister (1 Oktober) benoude oomblikke in 'n kettingwinkel in Carletonville gehad.

Kliënte het gisteroggend benoude oomblikke by ‘n klerewinkel in Carletonville beleef.
Sover vasgestel kan word, was daar verskeie kliënte in Ackermans in Emeraldstraat toe vier mans omstreeks 09:30 ingestorm het.
Een van die rowers was gewapen en hulle het kliënte en personeel na die agterkant van die winkel gedwing.
“Ackermans oorkant Pick n Pay word geroof. Ons is binne met ons kids. help asseblief!” het een van die kliënte op ‘n WhatsApp groep gepleit.
Die booswigte het toe ‘n metaal kabinet sowel as selfone uit ‘n glas vertoonkas gegryp. Hulle het ook geld uit die winkel gevat en toe weggehardloop.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button