Local newsNews

Sakeman koelbloedig vermoor

‘n Bekende sakeman van Carletonville is met die aanvang van die afgelope langnaweek wreed voor sy huis vermoor.

Sover vasgestel kan word, was daar Vrydagaand ‘n kinderpartytjie by mnr. Jaco Blaauw en sy gesin se huis in Koedoestraat.
Omstreeks 22:30 het iemand ‘n verdagte onbekende man buite die erf op die gesin CCTV kameras opgemerk. Blaauw het ondersoek gaan instel en agtergekom dat die man en sy trawant ‘n klein veldmotorfiets uit die erf gesteel het. Blaaw het vermoedelik die mans gekonfronteer.
Besoekers wat steeds an die partytjie in die huis was, het skote gehoor en uitgestorm om te gaan kyk wat gebeur het.
Hulle het buite sy erf op Blaauw afgekom waar hy in die bors geskiet is. Hy het ongelukkig op die toneel gesterf.
Blaauw was baie bekend vir die feit dat hy dikwels mense gehelp het en was ook aktief betrokke by aksies teen misdaad in die area waar hy gewoon het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button