Local newsNews

Klerksdorp-aanranding slagoffer oorlede

"Hilton Pretorius (32) is vanoggend in 'n hospitaal in Klerksdorp oorlede," het polisiewoordvoerder Kol. Adele Myburgh in 'n verklaring gesê.

Die slagoffer van die berugte aanranding buite ‘n kuierplek in Klerksdorp is vanoggend oorlede.

“Hilton Pretorius (32) is vanoggend in ‘n hospitaal in Klerksdorp oorlede,” het polisiewoordvoerder Kol. Adele Myburgh in ‘n verklaring gesê.

Volgens haar, word die klag nou teen die verdagte, Wernich Botha (32), na moord verander. Botha het reeds op 7 September op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en poging tot moord in die hof verskyn. Hy is borgtog van R2000 toegestaan en moet weer op 19 Oktober in die hof verskyn.

Videos van die vermeende aanranding het wyd oor sosiale media versprei.

https://potchefstroomherald.co.za/131588/klerksdorp-aanranding-slagoffer-oorlede/?fbclid=IwAR0aKtHRu8ZVDMoHyNIDlWg8YZn5l46-nEB0JCkxPY-oWeRHKZFvRhIILRI

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button