Local newsNews

Sjef Pasch se rump steak

Kokkedoor wenner 2019, Pasch du Plooy deel die week sy liplekker rump steak met 'n brandewyn sampioensous. Lees meer...

“Rump steak” of kruisskyf is een van my gunstelinge. Dit is baie geuriger as enige ander snit en word gesny uit die boonste deel van die bees se boud.

As gevolg hiervan is dit ‘n spier wat baie werk en dus is rump steak gewoonlik van jou taaier snitte. Hiervoor maak die snit wel op in smaak en sekere dele het ‘n lekker vetjie aan.

Die geheim van kruisskyf is veroudering. As jou snit vakuum verpak is, kan jy hom maklik twee tot drie weke in die koudste deel van yskas los, maar maak ook seker jy koop kwaliteit vleis.

Steak met sampioensous. Foto: Pasch du Plooy

Pangebraaide Rump steak met brandewyn sampioensous

Voorbereidingstyd – 30 min. Kooktyd – 20 min. Bedien – 4 mense

Vir die steaks

4 x 250g 2 cm tot 2.5 cm dik steaks

2 eetlepels olyfolie

4 eetlepels botter

Sout en peper

1 Knoffelbol, gehalveer

4 stokkies vars tiemie, roosmaryn of salie (nie droë kruie nie, dit gaan brand)

Metode

Maak seker die steaks is kamertemperatuur. Op ‘n snyplank, plaas die steaks langs mekaar, en maak dit droog met kombuispapier.

As die vleis droog is, sprinkel bietjie olyfolie op. Vryf die olyfolie baie goed aan beide kante van die vleis in. Sout en peper die steaks aan beide kante.

Plaas die knoffel met die gesnyde kant op jou potysterpan, (platboom swartpot werk net so goed).

Verhit oor medium hitte tot warm, water moet dadelik verdamp as daarop gesprinkel word en die knoffel donkerbruin is.

Maak nou seker jou “extractor” is aan. Probeer om nie olie in die pan te gooi nie.

Braai jou biefstuk 2-3 minute aan ‘n kant vir rare tot medium rare, en 4-5 minute vir medium. Baie belangrik is om die steaks te los en nie rond te skuif nie.

Sodra 2 – 3 minute verby is, voeg dan botter en kruie in pan en braai vir nog ‘n minuut tewyl jy die botter en kruie heeltyd oor die vleis skep.

Verwyder die steaks uit die pan en rus dit op ‘n snyplank vir nog 2 -3 minute voor jy bedien.

Vir die sampioensous

500g gemengde sampioene (wit, portabello, shitakes, bruin) ‘n 1/3 fyn gekerf, ‘n 1/3 in blokkies gesny, 1/3 net gehalveer

2 uie, fyn gekerf

2 knoffelhuisies, fyn gerasper

4 bees aftrekselsakkies (Woolworths of Ina Paarman)

½ koppie brandewyn

4 eetlepels botter

2 eetlepels meelblom

2 koppies room

1 teelepel vars tiemie

1 lourierblaar

4 eetlepels pietersielie, fyn gekap

Sout en peper

Metode

Smelt helfte van die botter in ‘n medium kastrol. Voeg nou uie, knoffel, tiemie en lourierblaar by.

Braai die uie oor ‘n medium hitte vir 5 minute tot dit goudbruin is.

Draai die hitte tot hoog, en voeg sampioene en die res van die botter by.

Braai vir nog 5 minute, gooi nou die brandewyn by (versigtig oor gas, dit kan opvlam as die alkohol afkook).

Sodra die brandewyn amper verdamp het, verlaag die hitte en roer die aftreksel in.

Sprinkel die meelblom eweredig in en roer goed. Meng nou die room by.

Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Geur na smaak met sout en peper.

Meng laaste vars kruie by voor bedien.

Bedien steak met bietjie van die pan botter, knoffel, bros kruie en lekker tjips!

Wenk:

Haal die vleis ‘n uur voordat jy dit gaan gaarmaak uit die yskas. As die vleis kamertemperatuur is voor jy gaarmaak, is dit makliker om medium rare steak voor te berei.

Moet ook nie te lank voor jy die vleis gaarmaak sout nie, dit veroorsaak dat die vleis droog kan word as jy dit gaarmaak.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button