Local newsNews

Tiener sterf in ongeluk

‘n Tiener is die afgelope week in ‘n ongeluk op die pad tussen Carletonville en Welverdiend oorlede terwyl 'n fietsryer ernstig in dieselfde ongeluk beseer is.

Sover vasgestel kan word, was ‘n inwoner wat kinders in haar bussie vervoer op pad na Welverdiend toe die ongeluk Vrydag omstreeks 14:00 gebeur het.

Sy het net verby die brug by Khutsong Uitbreiding 5 gery toe ‘n bakkie ‘n ent voor haar van die pad af trek. ‘n Tienerseun het uit die bakkie geklim en na bewering reg voor haar oor die pad gehardloop.

Die vrou se bussie het die tiener (14) getref en hy het op ‘n bejaarde fietsryer, wat toevallig verby die toneel gery het, te lande gekom.

Die tiener is op die toneel dood terwyl die fietsryer met ernstige beserings na Carletonville Hospitaal vervoer is.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button