Local newsNews

Huisrowers in Carletonville skiet broer in been

‘n Broer en suster van Carletonville het dié week ‘n nare ondervinding gehad.

Die voorval het op 14 September in Disastraat gebeur.

Die suster het omstreeks 01:00 van ‘n onbekende geluid in die huis wakker geskrik. Sy het opgetaan om te gaan kyk en het net uit haar kamer gestap toe sy twee mans met balaclavas in die huis sien. Een van die booswigte het ‘n vuurwapen op die vrou gerig.

Sy kon gelukkig vinnig in haar kamer terugspring en die deur sluit.

Die vroue het egter later ‘n skoot hoor afgaan en moes wag tot sy seker is dat die skelms weg is voor sy kon gaan kyk.

Sy het haar beseerde broer gevind waar die rowers hom in sy linkerbeen geskiet het om hom van sy selfoon en skootrekenaar te beroof.

Die suster het dadelik ‘n ambulans gebel en hy is hospitaal toe geneem.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button