Local newsNews

Vyf beweerde dwelmhandelaars vas

Die vyf verdagtes staar 14 aanklagte in die gesig.

Die waarde van die dwelms is sowat R2 miljoen.

Twee spesialis-eenhede van die Valke, die Stilfontein honde-eenheid, die Potchefstroom dwelm-taakspan en verskeie ander instansies het die verdagtes, vier Nigeriëriese mans en ‘n vrou van onbekende burgerskap, op Woensdag 13 September in verband met handel in onwettige dwelms  in Gauteng en Noordwes vasgetrek.

Die vedagtes, Veronica Agu (30), Pascal Enuma Ezekwueme (51), Solomon Ezeh (38), Robinson Ikechukwa Okoye (44) and Kingsley Ikenna Onbumneme (41), het weer Vrydag in die Potchefstroom Landdroshof verskyn.

Hulle gaan weer Woensdag in die hof vir formele borgaansoeke verskyn.

Volgens die Nasionale vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, beplan Staat om hul borg teen te staan.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button