Local newsNews

Personeellede van Carletonville Hospitaal vir diefstal van toerusting gearresteer

Hulle is steeds agter tralies.

Drie personeellede van Carletonville Hospitaal is die afgelope week gearresteer in verband met die diefstal van meer as ‘n miljoen rand se mediese toerusting.

Die drie personellede, ‘n skoonmaker en twee algemene werkers, is deur lede van die Carletonville Speurtak gearresteer.

‘n Apteker by die hospitaal het na-ure op 29 Augustus ondersoek gaan instel na hy ‘n venster hoor breek het. Die apteken kon sy oë nie glo toe hy verskeie bloeddruk monitors en ventilators buite die gebreekte venster sien nie.

Hy het vinnig ‘n kollega laat weet en die kollega het sekuriteitspersoneel by die hek sowel as die polisie laat weet.

Toe die apteker en sekuriteitspersoneel terug is na waar hy die toerusting sien lê het, het hulle op die drie vermeende diewe, wat inderwaardheid personeellede was, afgekom. Dié drie het só vinnig weggehardloop dat een sommer sy Renault Scenic op die toneel gelos het.

Twee lede van die Carletonville Speurtak, sersante Wynand Kruger en Lukie Mathikge, het twee van die mans op die terrein gearresteer terwyl die derde een later by sy huis in Carletonville vasgetrek is. Hulle het ook op nóg gesteelde toerusting in dié personeellid se Scenic afgekom.

Die mans het reeds in die Oberholzer Landdroshof verskyn maar is steeds agter tralies.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button