Local newsNews

Skoolhoof van Sasolburg in gewapende roof gewond

Lentedag het in 'n nagmerrie vir die HTS Sasolburg se skoolhoof ontaard toe in 'n rooftog in die been geskiet is

Dirk Coetzee, hoof van die HTS Sasolburg, is vroeg Vrydagoggend 1 September in Gqeberha tydens in ‘n gewapende roof in die been geskiet. Coetzee het Sondag die Herald se susterkoerant Vaalweekblad genader om ‘n amptelike verklaring oor die voorval te publiseer, aangesien sy vrou medelye met sy afsterwe ontvang het.

Hiermee ‘n verklaring oor die skietvoorval waarin Mnr Dirk Coetsee die Skoolhoof van HTS Sasolburg in die vroeë oggendure van Vrydagoggend gewond is.
Daar was ‘n gewapende roof waar mnr Coetsee en tien ander skoolhoofde van die Sasolburg-omgewing in ‘n selfsorghuis gebly het vir hulle jaarlikse SAOU-hoofdekonferensie in Gqeberha.
Die gewapende rowers het met ‘n aantal selfone en kontant weggekom en mnr Coetsee in sy been geskiet. Nie een van die ander skoolhoofde is in hierdie voorval beseer nie, almal is getraumatiseer.
Ons as skool wil al die Skoolhoofde van die Vaalrivier Skoolhoofde Vereniging bedank vir hul ondersteuning en bystand in hierdie beproewing, ook die mediese personeel van St George’s Life Hospitaal vir hul uitstekende mediese behandeling.
Mnr Coetsee sal verdere skanderings en toetse en moontlike operasie aan sy been ondergaan, maar hy is stabiel en in goeie gees.
Dankie aan die hele Spanner-familie vir julle ondersteuning en bystand die afgelope paar dae.

 

Lees die oospronklike berig hier:

Spanners se hoof in gewapende rooftog gewond

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button