Local newsSport

Jong ruiter presteer

'n Ruiter van Hoërskool Fochville het ook onlangs haar staal tydens die nasionale skole perdrykampioenskap gewys.

Kaylee-May van Zyl het op haar perd Rhino Mustang Warrior aan SANESA, die skole perdryvereniging, se nasionale kampioenskap deelgeneem.
Dié kampioenskap is op 11 en 12 Augustus by die AfriDome in Parys gehou.
Kaylee-May en haar perd het die eerste plekke in Equitation en Performance ingepalm.
Dié 14-jarige graad 8-leerder van Hoërskool Fochville ry al van 2020 af perd, maar het eers ‘n jaar later aan SANESA se kompetisies begin deelneem.
Sy word deur Elizka Jordaan van Buck-Ridge Stables afgerig.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button