Local newsSport

Fochville gimnaste presteer

Gimnaste van die Losberg Gymnastics klub op Fochville het die afgelope naweek medaljes tydens ‘n groot kompetisie ingepalm.

Volgens die klub se eienaar en afrigter, JJ Strydom, het altesaam 246 gimnaste van 13 ginmastiekskole op 4 en 5 Augustus by Gymagic in Kempton Park meegeding.
Hoewel die meeste klubs van Johannesburg en Pretoria was, het deelnemers van sover as die Nelspruit Gymnastics Academy ook meegeding.
Altesaam 13 lede van Losberg Gymnastics, waarvan die jongste net ses en die oudste 17 jaar oud was, het deelgeneem.
Tristan Ferreira was die wenner van die algehele eerste plek in haar groep van 25 meisies na sy altesaam vyf medaljes ingepalm het.
Alejaundra Pretorius was algeheel tweede in haar groep na sy ook vyf medaljes gewen het.
Die klub se seuns het net so uitstekend presteer.
Derian Lamprecht het ook met die eerste plek in sy groep weggestap. Hy het self vyf medaljes ingepalm en hiermee die 22 ander deelnemers in sy groep uitgestof.
Intussen was Dylan Botha algeheel tweede in sy groep van 23 deelnemers na hy vier medaljes gewen het. Jaundre Bothma het ook met die algehele tweedeplek in sy groep vir deelnemers van 16 jaar en ouer weggestap na hy altesaam sewe medaljes om sy nek gehang het.
Dillon Kieser was ook algeheel tweede in sy groep van 20 seuns na ook hy sewe medaljes gewen het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button