Local newsSport

Fochies se o.15s bo

Hoërskool Fochville se o.15 rugbyspan het die afgelope seisoen gewys dat hulle van ons omgewing se top-spelers is.

Dié span het onlangs met die trofee as die Goue Leeus ligawenners weggestap. Die ster-Fochies het dié prestasie bereik na hulle in die 15 wedstryde wat die seisoen gespeel is, altesaam 10 gewen het. Hulle het ook een wedstryd gelykop gespeel en vier verloor.
As gevolg van dié prestasie het hulle die afgelope naweek in die Noordvaal uitspele deelgeneem. Hulle het Saterdag teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal in Mpumalanga te staan gekom en net-net in die koue en winderige dag vasgeval.
“Baie geluk aan ons manne en hulle twee afrigters, mnre. Fred de Kock en Robert Smith,” sê die skool se woordvoerder, mev Elsabé de Mesquita.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button