Local newsNews

Huisrowers rand bejaarde in Rietbokstraat aan

Huisrowers het weer die afgelope week in Carletonville toegeslaan.

Rowers het die afgelope week ‘n bejaarde inwoners van ‘n huis in Rietbokstraat in Carletonville aangerand.

Die bejaarde se dogter het Donderdagaand uitgegaan om na hul honde om te sien toe sy skielik vier onbekende mans naby hul garage sien sit. Hoewel sy dadelik terug in die huis in probeer hardloop het, het een van die mans haar ingehaal.

Die mans het haar bejaarde ma aagerand waarna hulle die twee vroue vasgebind, die kluissleutels geneem en met die drie vuurwapens wat in die kluis was, gevlug het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button