Local newsSport

Callies se netbal bo

Hoërskool Carletonville se eerste netbalspan het onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar as die D2 ligawenners uit die stryd getree.

Na ‘n voorseisoen waarin hulle hul tande goed geslyp het, het hulle die liga met mening betree en van die begin af ‘n baie hoë standard gestel. Hulle het in die finaal te staan gekom teen Hoërskool Bekker en St Ursula’s School.
Teen Bekker het hulle die wen gevat met ‘n telling van 24 – 15 en teen St Ursulas met ‘n telling van 37-16. Die ster-span het hul jaar afgesluit as Interdistrik-kampioene waar hulle met Hoërskool Allen Glen afgereken het. Tydens die uitspele om deur te dring na die JOMO kampioenskappe, het hulle ongelukkig vasgeval teen Hoërskool Bastion, maar het baie geleer om aan te werk vir 2024 se seisoen.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button