Local newsNews

Rommel hoop in die dorp op

Die feit dat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit steeds nie rommel volgens hul program verwyder nie, lei al weer daartoe dat al meer mense hul gemors op sypaadjies en in parke gooi.

Die hoek van Agnewstraat en Annanrylaan, Begoniastraat en Agatestraat in die industriële gebied in Carletonville is van die areas waar rommel gestrooi word. Talle ander parke en straathoeke loop deur.

Intussen kom die munisipaliteit steeds nie by al die areas uit waar hulle rommel moet verwyder nie. Inwoners van onder meer Amanzimtoti-, Matroosberg- en Klaseriestraat het kort vantevore gekla dat hul vullis vandag steeds nie verwyder is nie. Sommige inwoners het gesê hulle sal nou noodgedwonge hul vullishouers moet inbring omdat dit in die donker tydens beurtkrag gesteel gaan word.

Intussen het die munisipaliteit tot dusver nog geen aanduiding gegee wanneer hul dienste om vullis te verwyder heeltemal terug na normaal sal wees nie.

Die munisipaliteit het ook nog nie gesê wanneer hulle die ekstra rommel sal optel wat gestort is terwyl hulle nie die nodige dienste gelewer het nie.

 

Related Articles

Back to top button